April 18, 2021

Mansgevangene en vrouebeampte in beweerde seksvideo is nie getroud

Die Departement van Korrektiewe Dienste was gister ontsteld en verleë na die video oral gedeel is.

Mansgevangene en vrouebeampte in beweerde seksvideo is nie getroud

Mansgevangene en vrouebeampte in beweerde seksvideo is nie getroud Foto: IOL, ANA

KWAZULU-NATAL. – Die bewerings op sosiale media dat die vrouebeampte en die mansgevangene in die beweerde seksvideo getroud is, is onwaar.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement, het gesê die twee persone in die video van die Ncome-tronk op Vryheid is nie man en vrou nie.

Mansgevangene en vrouebeampte is nie man en vrou nie

Mense op sosiale media het die vrou se Facebook-blad na die video opgespoor. Foto’s van haar en ‘n persoon wat beweer word die gevangene is, is toe gedeel met ‘n verduideliking dat die twee getroud is. Die departement sê die individue in die video is reeds geïdentifiseer. Daar sal stappe teen die amptenaar wat glo in die video betrokke is, geneem word. Volgens Nxumalo sal sy ook onmiddellik dissiplinêr verhoor word. Daar is ook reeds stappe teen die gevangene geneem.

Die Departement van Korrektiewe Dienste was gister ontsteld en verleë na die video oral gedeel is. Hulle het dadelik die publiek gevra om die video nie verder te versprei nie.

LEES OOK: Beweerde seksvideo tussen gevangeniswag en gevangene lek glo uit

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: