April 19, 2021

Kilimanjaro: Verlamde Hibbert maak reg om berg te ‘klim’

Hy sê gestremde mense “klim” elke dag berge (uitdaings) in hulle daaglikse lewe.

Kilimanjaro: Verlamde man maak reg om berg te ‘klim’

Kilimanjaro: Verlamde man maak reg om berg te ‘klim’ Foto: SkyNews

BOLTON. – Die verlamde Martin Hibbert (44), wat die Manchester Arena-bomaanval oorleef het, sal ‘n spesiale aangepaste fiets gebruik om Kilimanjaro te “klim”.

Hy beplan om die berg van 5 855 m in Tanzanië, Afrika, in September aan te pak. ‘n Speiaal-aangepaste fiets, wat hy met sy hande en arms vorentoe sal dryf, sal vir die klim gebruik word.

Hy gaan Kilimanjaro klim om geld in te samel

Hibbert was een van die oorlewendes wat naaste aan die bom tydens die Ariana Grande-konsert in Manchester in 2017 was. Tydens die voorval is 22 mense dood en honderde ander beseer. Hy vertel aan SkyNews hy wou die fokus van die negatiewe skuif en iets positief daarvan maak.

“Ek het besluit om ‘n afgryslike daad van terreur te omskep in ‘n krag vir groter beswil. Ek wil iets doen om die kollig weg te skuif van diegene wat my lewe probeer beëindig het na diegene wat my gehelp het om dit weer op te bou.”

Hibbert is van sy middel af verlam. Hy sê gestremde mense “klim” elke dag berge (uitdagings) in hulle daaglikse lewe. Met hierdie avontuur wil hy bewys gestremde mense kan enigiets met hulp bereik. Verder wil hy hierdie geleentheid ook gebruik om geld in te samel vir mense met ruggraatbeserings wat operasies moet ondergaan.

LEES OOK: Mansgevangene en vrouebeampte in beweerde seksvideo is nie getroud

Volg FiNDiT hier vir die nuuste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: