POLOKWANE. – ‘n Pa, Lucas Phasha (52) wat na bewering sy jong kinders vermoor het, verskyn vandag weer in die hof.
Phasha het glo sy vier kinders, onderskeidelik drie, vyf, sewe en nege, vermoor. Hy het na bewering die oudste drie met ‘n byl doodgekap. Die vierde een is glo aanhoudend met ‘n klip gekap.
Pa reeeds met moordsaak verbind toe hy glo kinders vermoor
LEES OOK: Poskantoor beroof, mans wat pakkie met bakstene wou pos vlug glo met geld
Volgens SABC-nuus was die verdagte uit op borg vir nog ‘n moordklag toe die voorval plaasgevind het.
Raymond, ‘n familielid van Phasha, sê Phasha het vir hom gesê hy het glo die vier kinders vermoor het omdat sy vrou, die ma van die oorlede kinders, glo nie in staat was om hulle behoorlik te versorg nie.
Raymond sal ook vandag in die Polokwane-hooggeregshof ondervra word.
EES OOK: Mansgevangene en vrouebeampte in beweerde seksvideo is nie getroud
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



