April 18, 2021

Baba in kop geskiet tydens jaagtog na verdagte

Sy het klomp sirenes gehoor en polisie voertuie sien optrek.

Baba in kop geskiet tydens jaagtog na verdagte

Baba in kop geskiet tydens jaagtog na verdagte Foto: iheartintelligence

TEXAS. – ’n Baba (1) is op 3 Maart 2021 glo deur polisie tydens ’n jaagtog op soek na ’n verdagte in sy kop geskiet. Die babaseun is tans in ‘n kritieke toestand in die hospitaal.

Verdagte spring in voertuig

Die ma van die baba was glo besig om brandstof in haar voertuig te gooi, toe ’n man haar nader en haar kar eis. Sy wou nie haar kar oorhandig nie omdat haar baba op die agterste sitplek was. Daarna het die man in haar voertuig gespring. Die ma het sirenes gehoor en polisievoertuie sien optrek.

LEES OOK: Petrolbom ontplof in Spar

Polisie brand los

Die ma het aan CNN gesê voordat sy nog besef het wat besig was om te gebeur, het die polisie op hulle losgebrand. Haar baba is tydens die voorval in die kop raakgeskiet en is tans kritiek in die hospitaal.

Alhoewel die koeël uit sy kop verwyder is, het oorskot daarvan, wat in hierdie stadium nie verwyder kan word nie, agtergebly.

Polisie nie bewus van baba nie

Troy Finner, uitvoerende assistent-polisiehoof, het op 4 Maart 2021 gesê die ma was nie tydens die skietery in die motor nie. Hy was egter nie seker of die polisie daarvan bewus was dat die baba op die agtersitplek was nie.

Volgens die polisieverslae was die kaper (30) ’n verdagte in twee rooftogte. Polisielede was reeds besig om hom te agtervolg toe hy die ma vir haar kar nader. Hy het oomblikke tevore sy eie voertuig afgeskryf. Die verdagte het ook glo ’n vuurwapen by hom gehad.

LEES OOK: Polisie soek verdagte wat kind van fiets af ry

“Aangesien die man nie sy wapen wou laat val nie, moes die polisie noodgedwonge op hom skiet om die ma te beskerm. Die verdagte is op die toneel dood.”

Kyk die video hier:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: