Maak jou huis só met asyn skoon
Meng ‘n kwartkoppie asyn in ‘n liter water om jou houtvloere weer mooi skoon te kry.

Soek jy na 'n alternatiewe, minder toksiese skoonmaakmiddel vir jou huis? (Foto: The Spruce)
Soek jy na ‘n alternatiewe, minder toksiese skoonmaakmiddel vir jou huis? Probeer jy minder chemikalieë gebruik? Witasyn is dan jou oplossing.
Maak jou mikrogolf skoon
Gooi ‘n halwe koppie asyn en ‘n halwe koppie water in ‘n beker en sit dit vir 10 minute in jou mikrogolf. Jy behoort ná die 10 minute jou mikrogolf maklik binne-in te kan skoonvee.
Laat houtvloere blink
Meng ‘n kwartkoppie asyn in ‘n liter water om jou houtvloere weer mooi skoon te kry.
Kry krytmerke van die mure af
Lees ook: Seun (9) sterf agt uur na Covid-simptome wys
Jy behoort sommer maklik die prentjie wat jou kleuter met sy vetkryte op die muur geteken het, af te vee met ‘n bietjie water en asyn gemeng.
Maak jou stortkop skoon
Laat lê jou stortkop in ‘n bietjie asyn en kookwater om al die gaatjies mooi skoon te maak.
Gebruik dit vir reuke in jou yskas
Meng weer ‘n bietjie water en asyn en vee jou yskas met dié asynmengsel binne-in skoon om vinnig van enige kosreuke ontslae te raak.
Lees ook: Valskermsoldaat wat val oorleef, praat