Seun (15) sterf in vrieskas na hy probeer afkoel

Ondersoek dui ook op ’n skielike siekte-aandoening, waarskynlik weens versmoring en die gebruik van anaboliese steroïede.

Die presiese oorsaak van sy dood moet nog bevestig word, maar ’n voorlopige ondersoek dui daarop dat hy tien teen een versmoor het. (Foto: RS Agora)

Die presiese oorsaak van sy dood moet nog bevestig word, maar ’n voorlopige ondersoek dui daarop dat hy tien teen een versmoor het. (Foto: RS Agora)

BRASILIË. – Die liggaam van ’n 15-jarige seun is in sy onderklere in sy ouma se vrieskas gevind. Owerhede vermoed hy het versmoor na hy in die vrieskas geklim het om lafenis teen die somerhitte te soek.

Na ’n ondersoek kon owerhede bevestig José Eduardo Rosa, ’n Brasiliaanse seun, se dood was nie ’n roof, moord of selfdood nie. Die presiese oorsaak van sy dood moet nog bevestig word, maar ’n voorlopige ondersoek dui daarop dat hy tien teen een versmoor het.  

Ondersoek dui ook op ’n skielike siekte-aandoening, waarskynlik weens versmoring en die gebruik van anaboliese steroïede.

Lees ook: Seun (9) sterf agt uur na Covid-simptome wys

Volgens die Brasiliaanse polisie het José vermoedelik toegang tot sy ouma se huis gekry met ’n sleutel wat sy iewers weggesteek het.

Sy ouer boetie het op sy liggaam afgekom. Stoele wat in ’n sirkel in die tuin gepak was, dui daarop dat José tien teen een nie alleen by die huis was nie.

Die ondersoek om die oorsaak van sy dood vas te stel, duur voort.

Lees ook: Vrou en kinders gered na hul glo op plaas aangehou en mishandel is

Het jy ‘n inspirerende, motiverende of emosionele storie om te vertel? Iets wat iemand anders dalk deur ‘n moeilike tyd sal help? Dalk ‘n wonderwerk wat jy ervaar het?

Stuur ‘n e-pos na [email protected] en dalk skryf ons oor jou!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *