Vrystaatse vrou vas oor sy man glo probeer vergiftig

Deel hierdie storie / Share this story

WELKOM. – ’n 38-jarige Vrystaatse vrou is in hegtenis geneem op aanklag van sameswering om haar man te vermoor.  Sy het na bewering probeer om hom te vergiftig deur gif in sy kos te gooi.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, sê polisiebeamptes het inligting opgevolg wat hulle gelei het tot by ’n huis in Welkom. Die vrou, wie se man ’n adjudant-offisier is, was glo in gesprek met ’n tweede persoon wat vermoedelik ook by die sameswering betrokke was.

Lees ook: Seun (9) sterf agt uur na Covid-simptome wys

Volgens Makhele is die tweede persoon by ’n taverne op Thabong voorgekeer.

“Toe beamptes haar handsak deursoek het, het hulle op ’n grys poeier afgekom,” sê Makhele.

Die verdagte verskyn na verwagting Dinsdag in die hof.

Lees ook: Veearts in hof oor hy hond glo seksueel mishandel