President Cyril Ramaphosa het Sondag in sy jaarlikse toespraak op Menseregtedag gesê menseregte is nie onderhandelbaar nie.
Ramaphosa het gesê die persone wat in 1960 by die Sharpville-slagting vir vryheid en menseregte betoog het, het dit nie net vir hulleself gedoen nie, maar vir alle Suid-Afrikaners.
Lees ook: Seun (9) sterf agt uur na Covid-simptome wys
Hy het ook gesê Suid-Afrika is nou in die herstelproses in die stryd teen die Covid-19-pandemie.
“Ons kon die storm van die koronavirus in ‘n groot mate trotseer danksy die strewe na menseregte in ons land.”
Verder het Ramaphosa gevra dat Suid-Afrikaners hande neem en ’n gemeenskap skep wat vry is van armoede, hongersnood en ontbering, asook geweld teen vroue en kinders.
Lees ook: Veearts in hof oor hy hond glo seksueel mishandel
“Ons het ’n gemeenskaplike mikpunt: Om die pandemie te verstaan. Ons het ’n gemeenskaplike visie: ’n beter, meer insluitende samelewing. En ons het ’n gemeenskaplike doel: ’n Suid-Afrika van gelykheid, voorspoed, vryheid en menseregte vir almal.”
Kyk sy hele toespraak hier.



