April 19, 2021

Veearts in hof oor hy hond glo seksueel mishandel

Een van die video’s wat in Madden se besit gevind is, is glo in 2018 by die dierehospitaal geneem.

Madden was die mediese direkteur by Caring Hands Animal Hospital in Miami voordat hy twee weke gelede geskors is na dit aan die lig gekom het dat hy vir hierdie "afskuwelike en ondenkbare dade" ondersoek word. (Foto: Unsplash)

Madden was die mediese direkteur by Caring Hands Animal Hospital in Miami voordat hy twee weke gelede geskors is na dit aan die lig gekom het dat hy vir hierdie "afskuwelike en ondenkbare dade" ondersoek word. (Foto: Unsplash)

MIAMI. – ‘n Veearts staan tereg op aanklagte van die besit van kinderpornografie en die seksuele mishandeling van ‘n hond.

Prentiss Madden (40) is Dinsdag in Suid-Florida in hegtenis geneem en verskyn Vrydag in die hof.

Madden was die mediese direkteur by Caring Hands Animal Hospital in Miami voordat hy twee weke gelede geskors is na dit aan die lig gekom het dat hy vir hierdie “afskuwelike en ondenkbare dade” ondersoek word, het die hospitaal in ‘n verklaring gesê.

Lees ook: Seun (9) sterf agt ure na Covid-simptome wys

“Ons regspan en elke liewe lid van die Caring Hands Animal Hospital sal alles in ons vermoë doen om die owerhede te help met hulle ondersoek en skuldigbevinding.”

‘n Klag is Woensdag ingedien deur iemand wat 1 600 lêers vol kinderpornografie op Dropbox ontvang het. Die lêers het toe na Madden gelei.

Sekuriteitsbeamptes het Madden se huis toe gaan deursoek en het op lêers vol kinderpornografie en seksuele dieremishandeling afgekom.

Lees ook: Seuntjie (4) wat van vierde verdieping val, kritiek

Die wet op die voorkoming van dieremishandeling en dieremarteling, wat in 2019 deur president Donald Trump in plek gestel is, maak martelvideo’s strafbaar tot tronkstraf van sewe jaar.

Een van die video’s wat in Madden se besit gevind is, is glo in 2018 by die dierehospitaal geneem. Owerhede het toe tot die gevolgtrekking gekom dat Madden vermoedelik diere wat in sy sorg gelaat word, seksueel mishandel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: