April 19, 2021

‘Upington haweloses benodig veiligheidsnet’

Die Demokratiese Alliansie (DA) doen ‘n beroep op die Noord-Kaapse LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Nontobeko Vilakazi, om te help met ‘n groeiende probleem ten opsigte van die huisvesting van hawelose mense in Upington se

Upington haweloses benodig veiligheidsnet

Upington haweloses benodig veiligheidsnet photo credit: canva

Die Demokratiese Alliansie (DA) doen ‘n beroep op die Noord-Kaapse LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Nontobeko Vilakazi, om te help met ‘n groeiende probleem ten opsigte van die huisvesting van hawelose mense in Upington se middestad, agter die ou hofgebou en die ou polisiekantoor. Daar is ook hawelose mense wat snags op die voorste trappe van die hofgebou slaap.

Dit is volgens Henk Opperman, Rdl, DA-koukusleier, Dawid Kruiper-munisipaliteit

“Dit kom omdat die Dawid Kruiper-munisipaliteit, sowel as die polisie- en arbeidsdepartemente op wie se drumpel daar meer as dertig mense woon, hul blind teen die probleem staar.”

“Die area word gebruik as ‘n huis, ‘n toilet, ‘n kombuis en alle ander dinge, wat in een gerol word (sien foto’s hier, hier, hier en hier). Die perseel het ‘n onaangenaamheid geword wat die beeld van die toenemend vuil dorp benadeel.  Die gebrek aan higiëne hou ook ‘n bedreiging in vir die gesondheid van rondlopers, werknemers en lede van die publiek wat van die kantore gebruik maak. Nog meer so gegewe dat ons steeds ‘n pandemie beveg.”

“Die situasie hou ook ‘n gevaar en bedreigning vir infrastruktuur vir die stad in, want daar is gevind dat die haweloses die dak van die gebou afskaal om onwettige verbindings aan die kantoorblok se brandslang te koppel vir watertoevoer. Hulle beskadig ook die gesplete eenhede om elektrisiteit te kry. Huisbrake in die area het verder toegeneem. Dwelmmisbruik in die gebied kom ook al hoe meer voor.”

“Dit is onverstaanbaar dat nie een regeringsinstelling dit nodig ag om op te tree nie.”

“Die Dawid Kruiper-munisipaliteit kon nie eens die moeite maak om hul bywette af te dwing nie of om ‘n poging aan te wend om die mense wat skuiling nodig het, te hervestig nie. Wetstoepassers kyk eerder weg terwyl misdaad, wat die haweloses en die gemeenskap kan benadeel,  voortduur.”

“Die DA sal aan LUR Vilakazi skryf in die hoop dat maatskaplike ontwikkeling dit sal oorweeg om in te gryp. Dit is die departement wat die mandaat het om ‘n veiligheidsnet aan hawelose mense te bied. Hulle kan seker nie ook nie die kwessie ignoreer nie? Ons hoop dat hulle sal help om alternatiewe verblyf vir hierdie groeiende en armoedige gemeenskap te vind.”

“Hawelose mense verdien waardige behuising, terwyl werknemers en burgers van Upington verdien om in ‘n skoon en veilige stad te kan woon en werk.”

*Persverklaring

Lees ook Kies Beefmaster vir die beste gehalte vleis

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: