HOLLYWOOD. – Lede van Johnny Depp (57), die bekende akteur, se sekuriteitspersoneel het die polisie gebel en gesê ‘n inbreker het by dié akteur se huis in Hollywood Hills ingebreek.
Eers gestort en iets gedrink
Die inbreker het eers gestort en daarna vir hom iets geskink om te drink voordat hy deur die polisie voorgekeer is. ‘n Ongeïdentifiseerde man is in hegtenis geneem. Hy was ook in bure van Depp se eiendom opgemerk.
Die verdagte word van vandalisme aangekla omdat die polisie die deur na Depp se badkamer moes afbreek waar die indringer gestort het. Dit is nog nie bekend waar Depp tydens die voorval was nie.
Vorige inbraak by Johnny Depp se huis
NY DailyNews bebrig die aangemelde inbraak het plaasgevind ‘n bietjie meer as twee maande nadat ‘n vrou in hegtenis geneem is weens ‘n ander inbraak by Depp se huis.
In die verlede is daar berig die vrou het moontlik paniekerig geraak toe die alarm afgaan. Sy het toe van die toneel gevlug voordat die polisie opgedaag het. Beamptes het haar naby Depp se huis gevind en kon haar ook verbind met ander onlangse inbrake in die omgewing. Die vrou leef glo op straat.
LEES OOK: KYK: Klant in supermark gebruik G-string as masker
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



