September 27, 2021

Ma in puttoilet met steekwonde gevind, haar seun verskyn in hof

Dit was die laaste keer wat die bure haar seun gesien het.

Ma in puttoilet met steekwonde gevind, haar seun in hegtenis geneem

Ma in puttoilet met steekwonde gevind, haar seun in hegtenis geneem

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (30) is in hegtenis geneem nadat sy ma in ‘n puttoilet met steekwonde gevind is.

Daar word beweer die slagoffer, Ncamisile Zondi (53), is op 26 Desember 2020 as vermis aangemeld, nadat sy op 23 Desember 2020 laas gesien is. Gemeenskapslede het na die vermiste persoon begin soek nadat die saak by die polisie aangemeld is.

Ma in puttoilet met steekwonde deur gemeenskapslede gevind

Op 29 Desember 2020 het die lede van die gemeenskap voortgegaan met die soektog wat hulle na die puttoilet op die slagoffer se erf gelei het. Polisielede van Mariannhill en die soek- en reddingspan is na die toneel ontbied. Die lyk van Zondi is deur die owerhede uit die puttoilet gehaal.

Volgens die polisieverklaring sê die bure die slagoffer het saam met haar seun gebly. Die seun het ses maande voor die dood van sy ma eers teruggekeer huis toe nadat hy vir ‘n lang tyd “weg” was. Die oorledene het haar stokvel-uitbetalings voor haar dood ontvang. Sy was glo veronderstel om haar oorspronklike huis op Bulwer te besoek.

Die verdagte sal Dinsdag in hof verskyn

Haar seun het voor Kersfees die huis verlaat en het die bure meegedeel dat hy na Ebuhleni in Inanda gaan. Dit was die laaste keer wat die bure hom gesien het. ‘n Intensiewe ondersoek is gedoen en die verdagte was nêrens te vinde nie.

Op Saterdag 20 Maart 2021 het die Mariannhill-speurders inligting ontvang dat die verdagte wel in Luganda was. Hy is deur die polisie in hegtenis geneem. Die verdagte sal op 23 Maart 2021 in die landdroshof in Pinetown op aanklag van moord verskyn.

LEES OOK: Vogue-model sê: ‘Baba moet sy eie geslag kies wanneer hy/sy ouer is’

Volg FiNDiT hier vir die nuuste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *