April 19, 2021

Vogue-model sê: ‘Baba moet sy eie geslag kies wanneer hy/sy ouer is’

Ratajkowski sê hulle sal eers uitvind watter geslag die baba is wanneer hy of sy self op die ouderdom van 18 besluit en vir hulle sê.

Vogue-model sê: ‘Baba moet sy eie geslag kies’

Vogue-model sê: ‘Baba moet sy eie geslag kies’ Foto: The Independent

NEW-YORK. – Die Vogue-model, Emily Ratajkowski (29), wie se baba aan die begin van dié maand gebore is, het op Instagram aangekondig die baba moet self besluit watter geslag hy of sy wil wees wanneer die baba ouer is.

”Ek hou nie daarvan dat mens geslagsgebaseerde vooroordele op kinders afdwing nie, wat nog te sê van op babas. Ek wil ‘n ouer wees wat my kind toelaat om hulself aan my te wys,” het sy gesê.

Vogue-model wys haar baba op Instagram

Ratajkowski en haar man, Sebastian Bear-McClard, ‘n akteur en vervaardiger, is in 2018 in die City Hall in New York City getroud. Sy het in Oktober verlede jaar op die voorblad van Vogue vir die eerste keer aangekondig sy is swanger.

Die model vertel vriende het gelag toe sy aan hulle sê hulle gaan nie ‘n geslag aan die baba koppel nie. Ratajkowski sê hulle sal eers uitvind watter geslag die baba is wanneer hy of sy self op die ouderdom van 18 besluit en vir hulle sê.

Sy het onlangs vir die eerste keer foto’s van klein Sylvester Apollo Bear op Instagram geplaas.

LEES OOK: Kilimanjaro: Verlamde Hibbert maak reg om berg te ‘klim’

Volg FiNDiT hier vir die nuuste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: