April 18, 2021

Vloermoer? So kalmeer jy jou kind

As jou kind angstig is, moet jy nie ook wees nie. Dit is nodig virjou om kalm te bly sodat hy/sy kan kalm word.

Vloermoer? So kan jy jou kind kalmeer

Vloermoer? So kan jy jou kind kalmeer Foto: Children's Wiscounsin

Elke ma wil graag dink haar kind is ’n engeltjie, maar die waarheid is dat alle kinders in een of ander stadium ’n vloermoer gaan gooi. Gillery, ’n geskree en huilery gaan gewoonlik daarmee gepaard. Hier is hoe jy jou kind kan kalmeer.

Hou jouself kalm

As jou kind angstig is, moet jy nie ook wees nie. Dit is nodig vir jou om kalm te bly sodat hy/sy kan kalm word. Doen eerder wat jy moet doen om kalm te bly sodat jy jou kind deur hierdie groot gevoelens kan help. Vars lug, ’n glas water of baie diep asemhaling is dalk net wat jy nodig het om teenwoordig te bly.

LEES OOK: Die Here dra my deur – deel 2

Moenie redeneer nie

Op hierdie oomblik dink jou kind nie logies nie. Selfs as jou kind ontsteld is oor iets gering of heeltemal irrasioneel, voel dit vir hulle belangrik. Spaar redenasies en onderrig vir wanneer jou kind kalm is.

Wees stil

Baie ouers praat meer as hulle oorweldig, gestres of onder druk voel. Let op hoe dit jou kind beïnvloed as hulle ontsteld is. As dit lyk asof jou woorde petrol op die vuur gooi, kan dit beter wees om stil te sit. Bied nie-verbale ondersteuning aan, soos uitgestrekte hande, ’n besorgde, begrypende gesigsuitdrukking of om net naby te bly.

Fisieke aanraking

Neem dit rustig, eerder as om vinnig van stilte na probleemoplossing te beweeg. Jou kind se brein is dalk nog nie kalm genoeg om jou woorde van ondersteuning te hoor nie. Vir sommige kinders werk dit as jy hulle rug vryf, hande of voete masseer of hare borsel. Dit kan ’n uitstekende manier wees om hulle weer te help ontspan.

LEES OOK: Pasgebore baba met naelstring nog aan, langs pad gevind

Gebruik verbindingsfrases

Wanneer ons vir ons kinders sê om ‘rustig te raak’, voel hulle dikwels moedeloos of ontsteld omdat hulle hul brein of liggaam nie tot bedaring kan bring nie. Deel eerder jou eie gevoel van kalmte en herinner hulle daaraan dat hulle geliefd is, selfs in hul ‘groot gevoelens.’

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: