April 21, 2021

Pasgebore baba met naelstring nog aan, langs pad gevind

Volgens medici by die hospitaal was die baba nie eers 48 uur oud nie.

Pasgebore baba met naelstring nog aan, langs pad gevind

Pasgebore baba met naelstring nog aan, langs pad gevind Foto: Mirror

THAILAND. – ’n Pasgebore baba is deur ’n verbyganger langs die pad in Chiang Mai gevind. Die man was op pad huis toe en het die baba se flou gehuil gehoor.

LEES OOK: 20 Jaar tronkstraf vir twee verkragtings

Naelstring nog aan

Volgens iheartintelligence het die man die baba in ’n hoop vullis, met haar naelstring nog aan, gevind en het met haar na ’n nabygeleë hospitaal gehaas. Die baba sou gesterf het indien hy haar nie gered het nie.

Volgens medici by die hospitaal was die baba nie eers 48 uur oud nie.

LEES OOK: Trok slaan om op R31

Owerhede probeer nou die ma van die baba opspoor. Sodra die baba uit die hospitaal ontslaan word, sal sy na ’n plek van veiligheid geneem word totdat owerhede haar ma kan opspoor.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: