April 21, 2021

Flake-koekieresep

Drup sjokolade oor en strooi gebreekte Flake oor.

Flake-koekieresep

Flake-koekieresep Foto: Verskaf

Hoekom so duur in die winkel betaal as jy jou eie Flake-koekies kan maak? Probeer gerus hierdie maklike resep.

Bestanddele:

  • 2 ½ koppies meel
  • 250 g botter
  • 1 teelepel vanielje
  • 1 koppie versiersuiker
  • 1 eier
  • 2 eetlepels kakaopoeier
  • 2 Flakes
  • ½ koppie gewone sjokolade, gesmelt

LEES OOK: Trok slaan om op R31

Metode:

  • Room botter en suiker saam.
  • Voeg eiers en vanielje by en meng.
  • Voeg meel en kakao en een fyngedrukte Flake by en meng tot ’n sagte deeg vorm.
  • Rol in ’n reghoek van ongeveer 2 cm dik.
  • Sny stroke van omtrent vingergrootte.
  • Neem ’n vurk en maak lyntjies bo-oor.
  • Plaas dit op ’n bakplaat en bak dit op 170 grade C vir 16 tot 18 minute.
  • Laat dit afkoel.
  • Drup gesmelte sjokolade oor en strooi gebreekte Flake oor.

LEES OOK: 20 Jaar tronkstraf vir twee verkragtings

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: