April 19, 2021

20 Jaar tronkstraf vir twee verkragtings

Kort daarna is hy op borg in sy ouers se sorg vrygelaat.

20 Jaar tronkstraf vir twee verkragtings

20 Jaar tronkstraf vir twee verkragtings Foto: Councilling now

PORT ELIZABETH. – ’n Tienerseun (17) is hier tot 20 jaar tronkstraf vir die verkragting van twee negejariges gevonnis. Die eerste insident het in September 2019 plaasgevind toe die tienerseun ’n negejarige seun verkrag het.

In ouers se sorg

Kort daarna is hy op borgtog in sy ouers se sorg vrygelaat.

LEES OOK: Veiligheidswag gebrand, dood by busstasie gevind

Verkrag weer na borgtog

Die seun het in Junie 2020 ’n negejarige meisie verkrag. Hy is kort daarna weer in hegtenis geneem. Hy was sedertdien in aanhouding tot sy skuldbevinding.

Volgens Anelisa Ngcakani, woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag, het albei verkragtings in Booysen Park plaasgevind. Die kinders het die tiener geken omdat hulle almal in dieselfde omgewing gebly het. “Hy het onskuldig gepleit op die verkragting van die seun, maar het skuldig gepleit op die verkragting van die meisie.”

Dien net 13 jaar uit

Die seun is tien jaar gevangenisstraf opgelê met vyf jaar opgeskort vir die verkragting van die seun en tien jaar gevangenisstraf met twee jaar opgeskort vir die verkragting van die meisie. As gevolg hiervan sal hy 13 jaar effektiewe gevangenisstraf uitdien.

LEES OOK: Tazné van Wyk-moordverhoor in Mei

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: