Veiligheidswag gebrand, dood by busstasie gevind

Deel hierdie storie / Share this story

SOWETO. – ’n Veiligheidswag se lyk, wat brandwonde opgedoen het, is Vrydagoggend by ’n busstasie gevind.

Vir diens aangemeld

Die man het glo Donderdagaand by Rea Vaya-busstasie vir diens aangemeld en sy kollega het hom omstreeks 04:50 in die badkamer opgespoor.

LEES OOK: Ma wat glo baba brand, begrawe, kry nie borg

Volgens Maroela Media, het die man brandwonde opgedoen en nie reageer nie.

Nooddienste is na die toneel ontbied en die man is op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek nou die saak.

LEES OOK: Angelina Jolie: “Brad het my mishandel”