Veiligheidswag gebrand, dood by busstasie gevind
Nooddienste is na die toneel ontbied en die man is op die toneel dood verklaar.

Veiligheidswag, gebrand, dood by busstasie gevind Foto: Maroela Media
SOWETO. – ’n Veiligheidswag se lyk, wat brandwonde opgedoen het, is Vrydagoggend by ’n busstasie gevind.
Vir diens aangemeld
Die man het glo Donderdagaand by Rea Vaya-busstasie vir diens aangemeld en sy kollega het hom omstreeks 04:50 in die badkamer opgespoor.
LEES OOK: Ma wat glo baba brand, begrawe, kry nie borg
Volgens Maroela Media, het die man brandwonde opgedoen en nie reageer nie.
Nooddienste is na die toneel ontbied en die man is op die toneel dood verklaar.
Die polisie ondersoek nou die saak.
LEES OOK: Angelina Jolie: “Brad het my mishandel”