Ma wat glo baba brand, begrawe, kry nie borg

Op 17 Maart 2021 kon die vriend nie meer die geheim hou nie en het die voorval by die polisie gaan aanmeld.

Ma wat glo baba brand, begrawe, kry nie borg

Ma wat glo baba brand, begrawe, kry nie borg Foto: DeviantArt

HARTBEESPOORTDAM. – Wendy Tapiwa (29), ’n Zimbabwiese ma van Rietfonten, wat daarvan aangekla word dat sy haar pasgebore babaseuntjie in kookwater gebrand het en toe die liggaam begrawe het, het haar borgtogaansoek gister in die landdroshof op Brits laat vaar.

Lees die vorige artikel hier.

Brand en begrawe baba

Na bewering het Chipo haar baba probeer aborteer. Toe dit misluk en die baba lewendig gebore word, het sy haar na bewering in ’n 20 liter emmer met kookwater gedompel en van die lyk probeer ontslae raak. Sy het die lyk toe in ’n plastieksak gesit. Saam met haar vriendin het hulle die baba by ’n bos naby waar sy in Sunnyway Village in Rietfontein bly, gaan begrawe. Sy het die vriend gevra om niemand te vertel van wat sy gedoen het nie.

Vriendin vertel polisie

Op 17 Maart 2021 kon die vriend nie meer die geheim hou nie en het die voorval by die polisie gaan aanmeld en die polisie geneem na waar hulle die baba begrawe het.

Chipo is ’n dag later in hegtenis geneem terwyl sy probeer het om na Pretoria te vlug.

Die saak is tot 14 Mei 2021 vir verdere ondersoeke uitgestel.

LEES OOK: Angelina Jolie: “Brad het my mishandel”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: