Ma brand glo pasgebore baba met kookwater, begrawe liggaam

Deel hierdie storie / Share this story

HARTBEESPOORTDAM. – ’n Ma (29) het glo haar pasgebore baba met kookwater gebrand, in ’n plastieksak toegedraai en begrawe nadat sy na bewering by haar huis in Rietfontein geboorte gegee het.

LEES OOK: Troubeplanner glo weg met bruide se geld

Begrawe baba in veld

Die ma het glo op 12 Maart 2021 die baba in ’n vlak graf in ’n nabygeleë veld begrawe. Daarna het sy ’n vriend vertroulik van die voorval vertel.

Die vriend het die polisie in kennis gestel.

Volgens owerhede is die baba se liggaam tydens die ondersoek in ’n veld opgespoor.

Die ma is in hegtenis geneem en sal vandag op aanklag van moord in die landdroshof op Brits verskyn.

LEES OOK: Verkeerde onderdele lei tot lewenslange liefde