April 19, 2021

Cody die hond met dolk gesteek tydens inbraak by huis

“Wat het die dier gedoen om hierdie wreedheid te verdien? Die dolk is in sy rug in gedruk, langs sy ruggraat. Ek het die hele dag probeer om die beelde van hierdie voorval uit my kop te kry.”

“Wat het die dier gedoen om hierdie wreedheid te verdien? Die dolk is in sy rug in gedruk, langs sy ruggraat. Ek het die hele dag probeer om die beelde van hierdie voorval uit my kop te kry.” (Foto: Guardian)

KAAPSTAD. – ’n Hond genaamd Cody is tydends ’n inbraak by ’n huis in Kalkfontein met ’n dolk in sy rug gesteek. Polisie-owerhede het onmiddellik die DBV gekontak toe hul op die toneel afkom.

Volgens The South African is Cody besig om van sy besering te herstel by die Cape of Good Hope DBV.

DBV geskok

Siyabonga Mbukutse, DBV-inspekteur, sê hy was geskok toe hy Woensdag op die toneel aankom en ‘n hond aantref wat met ‘n dolk gesteek is.

“Wat het die dier gedoen om hierdie wreedheid te verdien? Die dolk is in sy rug ingedruk, langs sy ruggraat. Ek het die hele dag probeer om die beelde van hierdie voorval uit my kop te kry.”

“Die mes is ontwerp om vleis te skeer.”

Mbukutse het bygevoeg dat hy van plan is om ‘n klagte van dieremishandeling teen die oortreder te maak.

Lees ook: Ava die Engelse bulhond is steeds vermis – R10 000 beloning

Veearts kon hond red

Dr. Muller-Deibicht, DBV-veearts, sê die dolk was diep in Cody se rugspiere ingesteek en sy kon in Cody se geval die dolk verwyder sonder dat hy verlam raak.

Verder sê sy dit is te danke aan Cody se dik rugspiere dat dit moontlik was om hom te red. Cody sal in die volgende vier tot ses weke herstel.

Jy kan jou naaste DBV kontak om enige gevalle van dieremishandeling aan te meld.

Lees ook:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: