April 19, 2021

Voel jy ooit ‘judged’ as ‘n ma – praat dan anoniem

Voel jy ooit judged as 'n ma?

Voel jy ooit judged as 'n ma?

Voel jy ooit judged as ‘n ma? ‘n Forum is ‘n plek waar jy anoniem met ander mense kan praat, anders as op Whatsapp of Facebook. Wanneer jy ‘n ma is, gaan daar baie dinge deur jou kop. Jy voel dalk mense oordeel jou, ander se kinders is altyd “beter”, soms voel jy dalk terneergedruk of depressief. Met wie kan jy dit deel?

Judged as ‘n ma

Dis nie iets wat jy aan etenstafel met die skoonouers wil bespreek nie. As jy sukkel om te borsvoed, is jou vriendin wat melk soos ‘n koei produseer die laaste persoon by wie jy wil kla. As jy nie voel jy “gloei” soos wat jy moet as jy swanger is nie, is dit moeilik om dit te sê voor ander ma’s wat niks beter kan voorstel nie.

Dalk sukkel jy om swanger te raak en rondom jou raak vrouens links en regs swanger as hulle mans net vir hulle kyk.

Anonieme interaksie

Dan kom ‘n forum in die prentjie. Forums het voordat Facebook populêr geraak het bestaan en maak nou ‘n come-back omdat mense weer streef na daardie anonieme interaksie.

Jy kan ‘n profiel skep sonder om jou regte naam te gebruik. Niemand hoef ooit te weet wie jy is nie, maar die webtuistes modereer aansoeke om seker te maak dit is wel ‘n regte persoon, dus praat jy altyd met regte persone.

As jy swanger wil word, ‘n ma is, ‘n ma van ‘n tiener is, sukkel met boeliegedrag van ander kinders teenoor joune, aan nageboortelike depressie ly of sommer net met ander vrouens wil praat, sluit vandag aan by Moomie.

Jy kan ook die app aflaai, wat dit maklik maak om met ander te praat – amper soos Whatsapp, maar op jou eie terme!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: