April 19, 2021

Angelina Jolie: “Brad het my mishandel”

Die twee het mekaar in 2003 op die stel van die fliek Mr. & Mrs. Smith ontmoet en het vir ’n paar jaar uitgegaan.

Angelina Jolie: “Brad het my mishandel”

Angelina Jolie: “Brad het my mishandel” Foto: Newsweek

Dinge tussen Angelina Jolie en Brad Pitt raak nou warm. Angelina Jolie (45), bekende Amerikaanse aktrise, het glo nuwe hofstukke ingedien rakende beweerde voorvalle oor gesinsgeweld waarby haar eksman, Brad Pitt (57), betrokke sou wees. Angelina Jolie het daarna gesê sy en haar kinders is bereid om te getuig en bewyse te lewer.

LEES OOK: Grimering voor geboorte?

Ontmoet mekaar op stel

Die twee het mekaar in 2003 op die stel van die fliek Mr. & Mrs. Smith ontmoet en het vir ’n paar jaar uitgegaan. Hulle het in 2012 verloof geraak, in 2014 getrou en in 2016 geskei. Hulle deel 6 kinders: Maddox (19), Pax (17) en Zahara (16), Shiloh (14) en die tweeling Knox en Vivienne (12).

Angelina Jolie Wil net vir Brad Pitt seermaak

’n Bron na aan Brad het aan Us Weekly gesê die indien van die hofstukke is ’n poging van Angelina om hom seer te maak. “Die afgelope vier en ’n half jaar is ’n aantal eise deur Angelina gemaak wat hersien is en nie gestaaf is nie,” beweer die ingeligte.

LEES OOK: Man stuur geboortefoto aan familie, vergeet om vrou se privaatdele te sensor

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: