April 19, 2021

Oordadige-eetstoornis ’n werklikheid

Mans en vroue wat aan BED ly, sukkel met emosies van walging en skuldgevoelens en het dikwels ook depressie of angs.

Oordadige-eetstoornis ’n werklikheid

Oordadige-eetstoornis ’n werklikheid

Oordadige-eetstoornis (binge eating disorder – BED) is ’n eetstoornis waar mens kompulsief ooreet of ’n abnormale hoeveelheid kos op een slag eet terwyl jy voel asof jy geen beheer daaroor het nie. Dit is ’n werklikheid en kan mans en vroue affekteer.

Alhoewel die siekte in mense met ’n normale gewig kan voorkom, lei dit dikwels tot ongewenste gewigstoename of vetsug, wat indirek verdere kompulsiewe eetgewoontes kan versterk.

Mans en vroue wat aan BED ly, sukkel met emosies van walging en skuldgevoelens en het dikwels ook depressie of angs. Die negatiewe gevoelens wat gewoonlik hiermee gepaard gaan, veroorsaak dat die persoon weer na kos draai om sy of haar emosies te hanteer en só word ’n bose kringloop geskep.

LEES OOK: Pa ontsteld oor 11-jarige tweeling steeds saam bad

Moontlike oorsake van BED:

  • Biologiese afwykings, soos hormonale onreëlmatighede of genetiese mutasies kan geassosieer word met kompulsiewe eet en verslawing aan kos.
  • Daar is ’n sterk korrelasie tussen depressie en eetgewoontes gevind. Ontevredenheid met jou liggaam, lae selfbeeld en probleme om gevoelens te hanteer, kan ook bydra tot ’n slegte eetversteuring.
  • Traumatiese situasies, soos ’n geskiedenis van seksuele mishandeling kan die risiko verhoog. Die sosiale druk om maer te wees, wat gewoonlik deur die media beïnvloed word, kan emosionele eetgewoontes veroorsaak. Persone onderhewig aan kritiese opmerkings oor hul liggame of gewig, kan veral kwesbaar wees vir ’n eetversteuring.

Tekens en simptome van BED:

Aangesien individue wat aan ’n oormatige eetversteuring ly, in die verleentheid of skaam kan voel oor hul eetgewoontes, kan simptome dikwels weggesteek word.

  • Eet aanhoudend, selfs al is jy vol.
  • Onvermoë om op te hou eet of te beheer wat geëet word
  • Groot hoeveelhede kos wegsteek om op ’n latere stadium in die geheim te eet.
  • Eet normaal in die teenwoordigheid van ander, maar sodra jy alleen is, ooreet jy.
  • Ervaar stres- of angsgevoelens wat net deur eet verlig kan word.
  • Gevoelens van gevoelloosheid of ’n gebrek aan sensasie wanneer jy besig is om te ooreet.
  • Voel nooit versadig nie ongeag hoeveel jy geëet het.

Mediese gevolge/nawerking/nadraai van BED:

  • Kardiovaskulêre siekte
  • Tipe 2-diabetes
  • Slapeloosheid of slaapapnee
  • Hipertensie
  • Galblaas siekte
  •  Spier- en / of gewrigspyn
  • Gastro-intestinale probleme
  • Depressie en / of angs

Waar jy kan hulp kry:

Professionele ondersteuning en behandeling van gesondheidswerkers wat spesialiseer in die behandeling van eetverstoornisse, insluitend psigiaters, voedingkundiges en terapeute kan die beste manier wees om BED aan te spreek. Die beste is om dit eers met jou huisdokter te bespreek, wat jou dan na die regte gesondheidswerker sal verwys.

LEES OOK: Kind (12) skiet inbreker dood wat sy ouma skiet

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: