Kind (12) skiet inbreker dood wat sy ouma skiet

Deel hierdie storie / Share this story

NORTH CAROLINA. – North Carolina se owerhede is besig met ’n ondersoek nadat ’n 12-jarige seun twee gemaskerde mans geskiet het. Een van hulle is in die proses noodlottig gewond.

Die twee mans het glo Saterdag by die seun se bejaarde ouma ingebreek en geld geëis. Toe hulle nie kon kry wat hulle wou hê nie, het hulle glo die ouma in die been geskiet.

LEES OOK: Pepé Le Pew in die sop oor ‘verkragtingkultuur’

Die verdagtes het na bewering weggehardloop toe die seun op hulle begin skiet het, maar die een se liggaam is ’n paar blokke verder op ’n sypaadjie gevind.

Die owerhede sê die seun word nie aangekla nie, maar die ondersoek duur voort.

LEES OOK: Jennifer Aniston gaan ma word