Pa ontsteld oor 11-jarige tweeling steeds saam bad

Deel hierdie storie / Share this story

Ouers het verskillende opinies oor wanneer die regte ouderdom is om op te hou dat jou kinders van verskillende geslagte saam bad. Een pa is ontsteld omdat sy vrou toelaat dat hulle 11-jarige tweeling van verskillende geslagte steeds saam bad. Sy vrou sien egter niks verkeerd daarmee nie.

Tweeling bad steeds saam

In ’n plasing op Reddit het die pa anoniem gevra of hy verkeerd is om ongemaklik te voel oor die situasie.

In die plasing verduidelik hy vandat die tweeling gebore is, het hy en sy vrou hulle saam gebad net omdat dit makliker was, maar soos die tyd aangestap het en hulle ouer geword het, het sy vrou steeds daarmee voortgegaan.

LEES OOK: Pepé Le Pew in die sop oor ‘verkragtingkultuur’

Tweeling doen als saam

“Hulle is nou 11 jaar oud en ons bad hulle nie meer nie, maar steeds sal die twee elke aand saam bad. Ek het al meer as een keer met my vrou hieroor gepraat en sy sien niks daarmee verkeerd nie. Inteendeel, sy sê hulle is kinders en ek moet hulle nie seksualiseer nie.”

FiND iT-lesers gesels

FiND iT het ons lesers se opinie op Facebook gevra.

NE Allam sê: “Ek het nog nooit my drie kinders laat saam bad of stort nie. Ek dink nie dit is reg nie, maar ons almal verskil.”

Lettie Sciocatti sê haar kinders het nog nooit saam gebad nie.

Ernest du Preez sê: “My kinders het nooit saam met ’n ander geslag gebad nie. Ek dink dit is siek ouers wat dit toelaat.”

Lizelle Kotze sê sy sal dit nooit toelaat nie.

Angelique Swart sê: “Kinders is onskuldig. Sodra jy begin om ’n issue daarvan te maak en sê dit is siek, is wanneer hulle ander idees kry. Boetie is een en sussie is ses. Hulle bad nog saam. Ek sal seker in die jaar dit begin stop.”

Marlyn Japp Myburg sê: “Dit is nie kinders wat dit siek maak nie, dit is ouers en society. Ons het as kinders saam gebad en in panties en onnies geswem. Geen sielkundige behandeling of pedo’s in ons familie nie. Dis nou soos die siek storie van gender neutral kids.”

LEES OOK: Jennifer Aniston gaan ma word