Hier is vyf maklike maniere om daagliks ‘n tydjie vir jouself af te knyp, rustig te raak en net asem te haal, en sommer terselfdertyd van jou spanning ontslae te raak.
Doen dit in die oggend
Om meditasie deel van jou roetine in die oggend te maak, is ‘n wonderlike idee. Begin met vyf minute elke oggend en werk van daar op na ‘n langer tyd.
Doen dit direk na ‘n bestaande gewoonte
Om ‘n paar diep asemteue te neem wanneer jy iets doen wat jy elke dag doen, is ook ‘n wonderlike manier om kort oomblikke van meditasie aan te leer.
Maak van jou oorfone gebruik
Jy hoef nie noodwendig stil te lê of te sit wanneer jy mediteer nie. Enige tyd wanneer jy vir ‘n rukkie kan stil raak, is die regte tyd vir meditasie. Gebruik jou oorfone om enige steurende klanke uit te kanselleer.
Maak ‘n nota
As jy iemand is met ‘n besige skedule, is dit soms nodig om ‘n nota te maak om te onthou om rustig te raak. Maak ‘n inskrywing in jou dagboek.
Begin met een asemteug
As jy miskien sukkel om die effek van meditasie ten volle te verstaan, begin met ‘n daaglikse asemteug. Lê só die fondament vir ‘n meditasieroetine.



