April 21, 2021

Grimering voor geboorte?

Die gemiddelde vrou wend binne twee en ‘n half uur voor die geboorte grimering aan.

Grimering voor geboorte?

Grimering voor geboorte? Foto: Bored Panda

Dit klink soos iets wat net beroemde mense sal doen, maar deesdae wend al hoe meer vroue grimering aan voordat hulle geboorte moet gee. Hoekom? Want dit laat hulle goed voel en mooi lyk op foto’s.

Die neiging het eers onder beroemdes ontstaan, maar baie vroue oor die algemeen kies nou om ‘n volgesig grimering aan te sit, voor geboorte, of terwyl hulle in kraam is.

LEES OOK: Ma brand glo pasgebore baba met kookwater, begrawe liggaam

Redes vir grimering voor geboorte

Volgens Bored Panda is van die redes om goed op foto’s te lyk, om mooi te lyk vir besoekers, of om nie siek, gedreineer en moeg te lyk nie.

Die gemiddelde vrou wend binne twee en ‘n half uur voor die geboorte grimering aan.

LEES OOK: Troubeplanner glo weg met bruide se geld

Alhoewel baie vroue die neiging ondersteun en voel vroue het die reg om te maak en te lyk soos hulle wil, is daar tog ander wat voel dit is heeltemal onnodig en dat vroue eerder op die kraam en op hulle babas as op hulleself moet fokus.

Hoe voel jy oor die neiging? Het jy ook voor geboorte grimering aangesit of beplan jy om dit te doen?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: