April 18, 2021

Tazné van Wyk-moordverhoor in Mei

Pangaker was tydens Tazné se moord uit op parool.

Tazné van Wyk-moordverhoor in Mei

Tazné van Wyk-moordverhoor in Mei

GOODWOOD. – Die verhoor van Moehydien Pangaker (54), Tazné van Wyk (8) se vermeende moordenaar, sal op 31 Mei 2021 in die Wes-Kaapse hooggeregshof plaasvind.

20 Aanklagtes

Pangaker staan nou altesaam tereg op 20 aanklagtes, waaronder 11 van verkragting, seksuele aanranding, aanranding, ontvoering, moord, skending van ’n lyk, asook bloedskande.

Die beskuldigde staan ook tereg op aanklagte van verkragting van sy eie dogter en kleindogter. Hy was in 2001 in die tronk vir die moord op sy eie seun.

LEES OOK: Angelina Jolie: “Brad het my mishandel”

Verkrag

Tazné, van Elsiesrivier, was in Februarie vanjaar vir twee dae vermis nadat haar ouers haar winkel toe gestuur het. Luidens die klagstaat het die beskuldigde Tazné vermoedelik weggelok vanaf Connaughtstraat in Parow, na die Parow-treinstasie. Daar word beweer hy het haar na Worcester geneem voordat hy haar verkrag en vermoor het.

Haar regterhand is afgekap en haar lyk is in ’n stormwaterpyp langs die N1-hoofweg buite Worcester op pad na De Doorns gevind. Die beskuldigde is op 17 Februarie op Cradock in die Oos-Kaap in hegtenis geneem, terwyl Tazné se lyk op 19 Februarie gevind is.

Pangaker was tydens Tazné se moord uit op parool.

Volgens die nadoodse ondersoek is Tazné as gevolg van trauma aan haar kop, nek en bors dood.

LEES OOK: Ma wat glo baba brand, begrawe, kry nie borg

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: