WESTONARIA. – ‘n 39-jarige pa van drie is Maandagaand voor sy drie seuns doodgeskiet en sy 13-jarige seun is ook beseer toe ’n aanvaller op hulle begin skiet het.
Lees ook: Seun (15) sterf in vrieskas na hy probeer afkoel
Die Randfontein Herald berig die pa was saam met sy seuns net na hy van die werk afgekom het toe die voorval plaasgevind het, by monde van sers. Linkie Lefakane, polisiewoordvoerder. “Hy was nog by die hek op pad in toe daar op hulle geskiet was. Die ander twee kinders kon betyds vlug.”
Lefakane vra die publiek om na vore te kom met enige inligting wat kan help met die ondersoek om die verdagte in hegtenis te neem.
Lees ook: Gr. 8 Addie-leerling sterf tragies



