Ongeveer R3.5 miljoen is glo spandeer om die brand wat vir kilometers en dae lank oor die Jonkershoek-natuurreservaat gestrek het, te blus.
Volgens IOL het het brandweermanne die brand twee weke gelede onder bedwang verklaar. Honderde brandweermanne en nooddienste het dae lank die brand bestry.
LEES OOK: EFF beplan vreedsame optog op Barkly-Wes
Natuurreservaat gesluit
Die natuurreservaat is steeds gesluit en dit is onduidelik wanneer dit weer sal oopmaak.
Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, het aan IOL gesê 14 038 ha grond is in totaal verbrand. Dit het die 11 665 ha van die natuurreservaat ingesluit, asook dele van ’n privaat plaas langs Theewaterskloofdam waar die brand glo ontstaan het.



