April 18, 2021

Hoe en waarom moet jy jou gesig by die huis stoom?

Hier vertel Healthline hoekom dit gesond is om jou vel te stoom en ook hoe om dit in die gemak van jou eie huis te doen.

(Foto:Medindia) Hier vertel Healthline hoekom dit gesond is om jou vel te stoom en ook hoe om dit in die gemak van jou eie huis te doen.

Hier vertel Healthline hoekom dit gesond is om jou vel te stoom en ook hoe om dit in die gemak van jou eie huis te doen.

Waarom is dit goed vir jou vel?

  • Dit maak jou porieë oop en help om die ophoping van enige vuilheid los te maak vir ’n diepreiniging. Dit help ook dat swartkoppies sagter raak en makliker verwyder kan word.
  • Bloedsirkulasie na jou gesig word verhoog. Die kombinasie van stoom en sweet veroorsaak dat jou bloedvate groter oopgaan en die bloed dus meer suurstof na jou vel vervoer. Dit sal jou vel ’n natuurlike, gloeiende voorkoms gee.
  • Deur die porieë oop te maak, kan dooie velselle, bakterieë en ander onsuiwerhede, wat andersins die porieë verstop en tot aknee aanleiding gee, na die veloppervlak gebring.
  • Die stoom hidreer jou vel deur die olie-produksie wat jou gesig natuurlik bevog, te verhoog.
  • Dit sal jou help om te ontspan.

Hoe doen jy dit?

Gebruik ’n houer of ‘n wasbak.

  • Kies ’n gemaklike plek in jou huis of maak seker die stoel waarop jy sit, is hoog genoeg vir die wasbak wat jy gaan gebruik.
  • Was jou gesig met ‘n gepaste gesigseep of jou geliefkoosde velreiniger.
  • Kook water.
  • Gooi die water versigtig in die wasbak of houer.
  • Gooi ’n paar druppels essensiele olie by indien jy wil.
  • Hou jou kop oor die wasbak en gooi ‘n handdoek bo-oor jou kop sodat al die stoom binne die handdoek opgevang word.
  • Stoom jou gesig vir vyf tot tien minute. Lig die punt van die handdoek om af te koel indien nodig.

Wees baie versigtig wanneer jy jou gesig stoom – die water sowel as die stoom kan jou brand en ernstige beserings veroorsaak.

Na die stoom:

Spoel jou gesig met lou water af en druk liggies met ‘n handdoek tot droog.

Wend ‘n vogroom aan jou vel en masseer jou gesig.

Vir die beste resultate moet jy jou gesig een keer ’n week stoom.

Lees ook: Minimalisme – hoe minder hoe beter

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: