January 24, 2021

Minimalisme – hoe minder hoe beter

Foto: Grundig

Minimalisme is ’n leefstyl wat daaruit bestaan om net die nodigste items in jou woning te hê. Die styl van minimalisme is eenvoudig en elegant.

Break the Witch, ’n aanlyn webtuiste, sê minimalisme is ‘n leefstylpraktyk wat daarop gemik is om jou aandag te hou by dit wat belangrik is. Jy moet jou tyd en energie spandeer aan items wat vir jou van waarde is. Deur gebruik te maak van ’n minimalistiese leefstyl gee jy jouself die kans om te prioritiseer.

Hoe om te begin met minimalisme?

Begin stadig, kies een item en raak ontslae daarvan. Die items waarvan jy ontslae raak, moet items wees wat net spasie in jou woning opneem. Dit moet van min tot geen waarde vir jou wees. Maak seker dat jy en jou gesin ophou om enige verdere aankope te doen van items wat jou huis ’n warboel kan maak.

Net soos meeste ander goeie veranderinge kan dit nie net oornag plaasvind nie. Jy moet geduldig wees, aangesien dit ’n ruk gaan neem om keuses te maak en ontslae te raak van onnodige items in jou huis. Dit sal tyd in beslag neem, maar mettertyd sal jy ’n verskil kan sien.

Hoekom moet jy die leefstyl kies?

  • Vereenvoudig jou woning wat dit laat netjieser voorkom.
  •  Vergemaklik die skoonmaak.
  • Spandeer meer tyd saam met jou gesin. Aangesien jy minder items het om te organiseer, gaan jy meer tyd hê om aan jou geliefdes te bestee.

Hierdie leefstyl kan in baie ander aspekte van jou lewe, soos finansies en daaglikse program, toegepas word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *