Sukkel jy met ’n olierige vel? Het jy al alles probeer? Sommige kere moet jy natuurlike produkte gebruik om die olie te beveg. Gaan haal die volgende prodkute uit jou kombuis:
Gebruik komkommer en amandels vir ‘n olierige vel
Komkommer
Rasper ’n stuk komkommer en druk die sap uit. Druk ’n stukke watte in die komkommersap en sit dit met drukbewegings aan jou gesig. Die sap dien as ’n verfrissende saamtrekmiddel om olierigheid te bestry.
Amandels
Voeg ’n koppie melk by fyn amandels. Giet dit deur ’n sif en voeg bietjie suiker by. Smeer dit aan jou gesig en was dit na 10 min. af. Die olie in die neute sal jou vel sag maak.
LEES OOK: Man spandeer meer as half miljoen om soos Instagram-filter te lyk
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



