April 19, 2021

Man spandeer meer as half miljoen om soos Instagram-filter te lyk

Sy hoofdoel vir die operasies is om soos ‘n Instagram-filter te lyk.

Man spandeer meer as half miljoen om soos Instagram-filter te lyk

Man spandeer meer as half miljoen om soos Instagram-filter te lyk Foto: Insragram

VERENIGDE KONINKRYK. – ‘n Man, Levi Jed Murphy (24), van Manchester, het onthul hy het meer as ‘n half miljoen rand aan operasies spandeer om sy ‘perfekte’ gesig te kry.

Alhoewel hy al R600 000 bestee het om volgens hom die perfekte gesig te hê, ontvang jy daagliks haatboodskappe. Mense op sy sosialemediaplatforms los gereeld lelike kommentaar.

Hulle is ook kwaad oor die manier hoe hy sy geld op die operasies “mors”.

Man spandeer meer as half miljoen om gesig te verander

Sy hoofdoel vir die operasies is om soos ‘n Instagram-filter te lyk. Murphy erken hy het vullers in sy lippe, wange, ken, kakebeen en onder sy oë gekry. Hy het ook aan sy neus laat werk, ‘n liplig en ‘n cat eye lift laat doen. Behalwe hiervoor, het hy ook ‘n prosedure ondergaan om sy tande reguit te maak.

Murphy sê aan East Coast Radio hy het op die ouderdom van 19 sy eerste verandering ondergaan. Hy sê verder om mens se gesig te verander, is soos om jou klerekas te verander.

“Ek was nooit ontevrede oor hoe ek gelyk het of selfbewus nie. Ek raak maar net vinnig verveeld met hoe ek lyk.”

Levi Jed Murphy op sy Instagram-profiel.

LEES OOK: KYK: Klant in supermark gebruik G-string as masker

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: