April 19, 2021

NK-gesondheidsdepartement skuld gegee vir Xander se dood

KIMBERLEY.- 70% van Xander Raat (6) se liggaam het brandwonde opgedoen nadat hy in 'n sinkhuis in Vanderkloof was wat aan die brand geslaan het. Die familie wys nou vinger na die department van gesondheid en sê Xander se lewe kon gered word as hy vinnige mediesesorg gekry het.

(Foto: IOL) KIMBERLEY.- 70% van Xander Raat (6) se liggaam het brandwonde opgedoen nadat hy in 'n sinkhuis in Vanderkloof was wat aan die brand geslaan het. Die familie wys nou vinger na die department van gesondheid en sê Xander se lewe kon gered word as hy vinnige mediesesorg gekry het.

KIMBERLEY.-  Xander Raat (6) het 70% brandwonde opgedoen nadat hy en ‘n maatjie alleen in ‘n sinkhuis in Vanderkloof was toe dit aan die brand geslaan het. Die familie wys nou vinger na die departement van gesondheid en sê Xander se lewe kon gered gewees het as hy vinnige mediese sorg gekry het.

Volgens IOLhet Xander en sy driejarige maatjie beide in die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal gesterf nadat hul met ‘n helikopter vanaf De Aar soontoe vervoer is.

Jane Rhode, Xander se ma, sê hulle moes vir ure wag vir ’n ambulans om die kinders na ‘n hospitaal te vervoer.

Rhode se die twee seuns het die 12de Maart in hul bure se sinkhuis ingegaan waar hul vermoedelik ’n boksie vuurhoutjies in die hande gekry het. Daar was geen volwassene by die twee kinders nie.

Bure en omstanders het agtergekom die sinkhuis brand toe hulle die rook sien en ander beweer hulle het die kinders hoor skree.

Xander hulle het nie vinnig genoeg mediese hulp gekry nie

Die voorval het ongeveer tienuur die oggend plaasgevind. Die kinders is na ’n kliniek geneem, maar die suster was nie daardie dag aan diens nie.

“Ek was daar saam met Xander, sy oë was toe, maar hy was nog lewendig,“ sê sy ma.

“Die ambulans het eenuur daar aangekom en het ons na Petrusville  gevat waar hulle ons nie kon help nie. Ons is daarna na De Aar geneem waar hul vir Xander op suurstof gesit het en gesê het die kinders moet dringend na Kimberley gevlieg word.”

Die kinders is om vieruur deur twee helikopters na Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal geneem. ’n Dokter het aan Xander se ma gesê die seun het 70% brandwonde opgedoen en sy maatjie 50%.

Xander is die oggend van die 14de Maart oorlede. “Die dokter het my vertel dat die brandwonde besmet geraak het en dat hy dringende mediese hulp nodig gehad het ná die brand, maar omdat die ambulans so lank geneem het, het dit sy kans op oorlewing belemmer,” het Rhode gesê.

Lebogang Majaha, woordvoerder van die Noord-Kaapse departement van gesondheid, het gesê die departement ondersoek die saak en werk daaraan om sy mediese nooddienste se kapasiteit te verhoog.

Lees ook: Egpaar kry tronkstraf vir gruwelike seksuele misdrywe teenoor hul kinders

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: