April 21, 2021

Mosia wat jong vrou verkrag vra regter vir genade oor agt kinders

Die man wat daarvan aangekla word dat hy Linda Matati vyf jaar gelede ontvoer,verkrag en vermoor het, vra die regter vir genade want hy is getroud en het agt kinders.

Die man wat daarvan aangekla word dat hy Linda Matati vyf jaar gelede ontvoer,verkrag en vermoor het, vra die regter vir genade want hy is getroud en het agt kinders. (Foto: IOL)

JOHANNESBURG.- Thabo Mosia (44), wat daarvan aangekla word dat hy Linda Matati vyf jaar gelede ontvoer, verkrag en vermoor het, het die regter om genade gevra omdat hy getroud is en agt kinders het.

Volgens IOL het Thabo Mosia Woensdag in die hooggeregshof in Gauteng voorgekom. In ‘n poging om die regter sover te kry om Mosia ‘n ligter vonnis te gee, het sy prokerur, Nardus Grobe, die regter gevra om sy persoonlike omstandighede in ag te neem.

Mosia is getroud en het agt kinders wat van hom as broodwinner afhanklik is. Verder het Grobe gevra dat die regter die vier jaar wat Mosia alreeds in die tronk deurgebring het by die vonnis sal tel. Asook dat die vonnisse vir die klagtes van ontvoering, verkragting en dwarsboming van die gereg saam met die moordstraf uitgedien word.

Pakanyiswa Marasela, staatsadvokaat, het dit egter teëgestaan en sê Mosia se omstandighede is nie uitsonderlik nie en die vertragings is deur sy eie toedoen. Hy sê die hof het net een keer uitgestel, al die ander kere was dit Mosia self wat dit veroorsaak het.

Mosia word daarvan aangekla dat hy vir  Linda Matati in 2016 ontvoer, verkrag en vermoor het.
Foto: IOL

“Mevrou Sibuye is ver van genesing en ek dink nie sy sal ooit genees van wat gebeur het nie. Nou huil die beskuldigde vandag oor sy kinders wat hy ondersteun, maar wat van mevrou Sibuye se kind? Sy sal haar kind nooit weer sien nie. Gevolglik moet geregtigheid heers in die saak en die beskuldigde moet volgens die wet gevonnis word, ”het Marasela gesê.

Matati is in Oktober 2016 vermoor en haar lyk is ‘n jaar later in ‘n lykshuis op Bronkhorstspruit ontdek.

Regter Avrielle Maier-Frawley het die saak vir vonnisoplegging tot 7 April uitgestel.

Lees ook: Pa voor sy seuns doodgeskiet

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: