April 17, 2021

News24 en The Citizen moet jammer sê oor Siya se foto – EFF

Die EFF eis 'n openbare verskoning vanaf News24 en The Citizen omdat hulle 'n foto van Siya Kolisi by 'n berig oor sy voormalige afrigter, wat beskuldig word van die besit van kinderpornografie, geplaas het.

Die EFF eis 'n openbare verskoning vanaf News24 en The Citizen omdat hulle 'n foto van Siya Kolisi by 'n berig oor sy voormalige afrigter, wat beskuldig word van die besit van kinderpornografie, geplaas het. (Foto: SowetanLIVE)

Die EFF eis ‘n openbare verskoning vanaf News24 en The Citizen omdat hulle ‘n foto van Siya Kolisi by ‘n berig oor sy voormalige afrigter, wat beskuldig word van die besit van kinderpornografie, geplaas het.

In ‘n verklaring op die EFF se Twitter-blad sê hulle die twee nuusblaaie het ‘n foto van die Springbok-rugbykaptein by ‘n berig oor ‘n afskuwelike misdaad wat deur ‘n witman gepleeg is, geplaas.

Kolisi het niks met die saak uit te waai nie en het slegs ‘n verwantskap met die man gehad toe hy deur hom afgerig was op hoërskool.”
“Dit is rassistiese beriggewing deurdat hierdie nuusblaaie die gesig van ‘n swart man op ‘n sensasionele manier gebruik het om reaksie te kry.”

“Kolisi as ‘n swart man het aas geword, omdat misdaad met swartheid geassosieer word.”

“Dit is belangriker om daarop te let dat News24 onder die toesig van die rassis Adriaan Basson staan, wat herhaaldelik neerbuigend sy minagting uitgespreek het vir swart mense wat in die Suid-Afrikaanse samelewing enige statuur het.”

News24 en The Citizen moet ‘n openbare verskoning vra vir die beweerde rassisme. Asook moet hulle vir enige trauma of skade wat Kolisi se reputasie aangedoen is, vergoed.

Lees ook: Twee negejarige seuns in Galeshewe verkrag

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: