April 19, 2021

Wenke met koeksoda

Gooi een koppie koeksoda en een koppie Engelse sout in jou badwater om bietjie te detoks.

Wenke met koeksoda

Wenke met koeksoda

Koeksoda kan vir baie dinge help, van ‘n mooi vel tot blink tande. Hier is ‘n paar wenke hoe om koeksoda te gebruik.

Mooi vel

Jy kan ‘n gesigskropmiddel van koeksoda maak om witkoppies op jou vel te verwyder en jou vel sag te maak. Dis ook goed vir sensitiewe vel. Die koeksodakorreltjies is klein en kan nie skade aan jou vel veroorsaak nie. Meng die koeksoda met jou gewone gesigseep en was jou vel liggies om van al die dooie velletjies ontslae te raak. Jou vel sal na die tyd mooi blink en lekker sag wees.

Skoon haarborsel

Maak jou haarborsel met koeksoda skoon. Haal eers al die hare van jou borsel af. Meng een koppie koeksoda met twee koppies warm water. Laat die borsel in die mengsel vir 30 tot 60 minute lê. Spoel dan met warm water af.

Detoks

Gooi een koppie koeksoda en een koppie Engelse sout in jou badwater om bietjie te detoks. Dit is baie goed vir jou.

Neem slegte reuke weg

Jy kan ‘n bietjie koeksoda in jou skoene strooi om slegte reuke weg te neem. Koeksoda kan ook met essensiële olie gemeng word om slegte reuke te laat verdwyn.

Blink juwele

Maak ̛n dik pasta van koeksoda en water. Plaas dit op ‘n sagte lappie en vee jou juwele mooi skoon. Spoel die juwele daarna met warm water af.

Skitterwit tande

Meng koeksoda met jou tandepaste. Jy kan jou tande net met koeksoda en water ook borsel. Dit sal jou tande mooi skoon en blink maak. Die koeksodakorreltjies sal ook van ligte vlekkies op jou tande ontslae raak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: