Ertjiesop – resep
Plaas al die bestanddele, behalwe die opgekapte pietersielie, in ’n groot kastrol.

Ertjiesop – resep
Hier is ’n heerlike sopresep vir die koue, reënerige weer.
Bestanddele:
- 225 g groen split-ertjies, gewas
- 1 liter hamaftreksel
- 100 g spek
- 1 medium wortel, opgesny
- 2 stokkies seldery, opgesny
- 1 medium ui, geskil en gekap
- sout en peper
- takkies pietersielie om te garneer
LEES OOK: Prokureur wat van SAPS-bedrog verdink word, gee homself oor
Metode:
- Plaas al die bestanddele, behalwe die opgekapte pietersielie, in ’n groot kastrol.
- Bring tot kookpunt, en laat dit dan ongeveer vir een uur prut totdat die ertjies en groente sag is.
- Haal die spek uit die sop en sny dit in klein stukkies.
- Vryf die sop deur ’n sif of puree met ’n stokmenger tot glad.
- Plaas terug in die kastrol, voeg die spekstukke by en verhit.
- Sprinkel pietersielie oor en sit voor met brood.
LEES OOK: ‘Gesteelde’ oorskot gevind