Prokureur wat van SAPS-bedrog verdink word, gee homself oor
Die ondersoek hou verband met die merk (handelsmerk) van SAPS-voertuie, verkryging van boeie en beenysters, uitkontraktering van voertuie uit die SAPS-motorhuise, verkryging van skryfbehoeftes, opknapping van geboue, en so voorts.

Prokureur wat van SAPS-bedrog verdink word, uit op borg Foto: talkofthetown
PRETORIA. – ’n Prokureur het homself op 23 Maart 2021 aan die Nasionale Kommisaris se taakspan vir korrupsie vir sy beweerde betrokkenheid by die massiewe ondersoek na bedrog en korrupsie oorhandig.
SAPS-verwante ondersoek
Die ondersoek hou verband met die merk (handelsmerk) van SAPS-voertuie, verkryging van boeie en beenysters, uitkontraktering van voertuie uit die SAPS-motorhuise, verkryging van skryfbehoeftes, opknapping van geboue, en so meer.
Brig. Vishnu Naidoo, polisiewoordvoerder, sê hierdie ondersoek, waartydens 71 beskuldigdes tot op hede in hegtenis geneem is, het in September 2018 begin. Dit sluit baie hoë polisiebeamptes, sakemanne en -vroue in.
“Byna elkeen van die SAPD-werknemers is sedertdien uit die SAPD ontslaan weens hul beweerde betrokkenheid by hierdie sake.”
LEES OOK: ‘Gesteelde’ oorskot gevind
72 beskuldigdes in hegtenis
“Die inhegtenisneming van die prokureur, Reshay Ramsamy Naidoo (32) van Centurion, bring die totaal beskuldigdes wat tot dusver in hegtenis geneem is, op 72 te staan.”
Naidoo het na bewering meer as R900 000 ontvang van een van die beskuldigdes op die dag waarop die beskuldigde in hegtenis geneem is.
Naidoo sal na verwagting môre in die landdroshof in Pretoria vir ’n formele borgtogaansoek verskyn.
LEES OOK: Bok wys sy vis