April 21, 2021

Vermeende reeksverkragter na 13 jaar in hegtenis

Die verdagte kan moontlik van meer misdade aangekla word, aangesien hy na bewering met baie ander sake verbind word.

Vermeende reeksverkragter na 13 jaar in hegtenis geneem

Vermeende reeksverkragter na 13 jaar in hegtenis geneem Foto: TimesLive.co.za

VRYSTAAT. – ‘n Vermeende reeksverkragter wat glo vrouens tussen 2008 en 2017 verkrag het, is vir die eerste keer in hegtenis geneem.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê amptenare het enkele adresse besoek waar die verdagte laas gesien is, maar sonder sukses.

Polisie sit verdagte agterna

Makhele sê in die polisieverklaring terwyl beamptes op pad was na die laaste adres, is die verdagte in ‘n straat opgemerk en lede het hom takties genader, maar toe hy ‘n gemerkte polisievoertuig na hom toe sien ry, het hy gevlug.

Hy is later ingehaal en deur die polisie in hegtenis geneem.

Beweerde reeksverkragter met goedere gevind

“Die verdagte is na sy woning geneem en die polisie het met sy aankoms twee platskerm-TV’s, twee versterkers, ‘n SANW-uniform, 40 selfone, een geisertenk, een waaier, ‘n mikrogolfoond, ‘n dame se handsak vol juwele en een skootrekenaar ontdek.”

Hy sal na verwagting vandag in die landdroshof op Thaba-Nchu verskyn op sewe aanklagte van verkragting en die besit van vermoedelik gesteelde goedere. Die verdagte kan moontlik van meer misdade aangekla word, aangesien hy na bewering met baie ander sake verbind word.

LEES OOK: KYK: Video waarin ‘honde-oppassers’ hond glo mishandel veroorsaak oproer

LEES OOK: Video op sosiale media wys hoe onderwyseres na bewering rondgeruk word

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: