MPUMALANGA. -Die oorskot van die oud-polisieman (62) wat Vrydag uit ’n staatslykshuis op Standerton “verdwyn” het, is gevind.
Die departement van gesondheid het bekend gemaak die oorskot is per ongeluk saam met twee ander liggame na Newcastle, KwaZulu-Natal gestuur.
LEES OOK: Veld by Noord-Kaap raak probleem vir inwoners
Die oorskot was nooit gesteel nie en die polisieondersoek na die moord duur voort.
Verdagte gee homself oor
Johan Engelbrecht het in Oktober verlede jaar vermis geraak. Sedertdien het ’n werknemer op 12 Maart 2021 vorendag gekom en die polisie glo na Engelbrecht se liggaam geneem wat in ’n vlak graf begrawe is.
Die verdagte is steeds in aanhouding tot en met sy borgtogaansoek wat vandag aangehoor word.
Lees die vorige berig hier.



