April 19, 2021

NEHAWU-werkers staak oor saamsmelt van departemente

NEHAWU Werkers van die Departement van Omgewing- en Natuurbewaring is tans besig met ‘n staking voor die Departement van Omgewing- en Natuurbewaring se gebou in Kimberley.

NEHAWU Werkers van die Departement van Omgewing- en Natuurbewaring is tans besig met ‘n staking voor die Departement van Omgewing- en Natuurbewaring se gebou in Kimberley.

NEHAWU Werkers van die Departement van Omgewing- en Natuurbewaring is tans besig met ‘n staking voor die departement se gebou in Kimberley.

Bonny Lecholo, NEHAWU-woordvoerder, sê dit is in 2019 aangekondig dat die departement van omgewing- en natuurbewaring met die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling sal saamsmelt. Volgens Lecholo sou met die werkers oor die saak gekonsulteer word.

Die werkers voel egter hulle is nie gekonsulteer in verband met die saamsmelt van die twee departemente nie.  Volgens Lecholo moet die saamsmelting teen die 1ste April plaasvind. Verder sê sy daar het geen konsultasie met werkers plaasgevind nie. Mense word nou in verkeerde plekke geplaas en sommige sonder dat hul bewus is daarvan.

Die naam wat gebruik sal word wanneer die departemente saamsmelt, is die departement van landbou, omgewingsake, grondhervorming en landelike ontwikkeling.

Zandisile Luphahla, woordvoerder van die departement van landbou, omgewingsake, grondhervorming en landelike ontwikkeling, sê hulle het nog geen memorandum vanaf die werkers ontvang nie.

Lees ook: “Ons sal ons lewe op die spel sit vir jou”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: