April 19, 2021

DA sê: ‘Dawid Kruiper-sekuriteit en amptenare moet diefstal voorkom, nie bevorder nie’

“Die voorval het Saterdag plaasgevind toe ‘n lid van die publiek my gekontak het om te rapporteer dat ‘n kabel by ‘n transformator opgegrawe is.“

DA sê: ‘Dawid Kruiper-sekuriteit en amptenare moet diefstal voorkom, nie bevorder nie’

DA sê: ‘Dawid Kruiper-sekuriteit en amptenare moet diefstal voorkom, nie bevorder nie’ Foto: wikipedia.org

Die Demokratiese Alliansie (DA) versoek ‘n ondersoek na elektriese kabels die naweek in Upington gesteel is, wat daartoe gelei het dat telefone nie by die munisipalitiet geantwoord word nie.

“Dit kom na die pligversuim of onwilligheid deur amptenare om telefone en selfone by die Dawid Kruiper-munisipaliteit te antwoord. Ons vra voorts vir ‘n ondersoek rakende afwesigheid van operasionele veiligheidsdienste.,” sê Flip van Steen, raadslid.

DA sê kanels is die naweek gesteel

“Dit kom nadat ‘n elektriese kabel die afgelope naweek in Upington gesteel is. Die diefstal kon voorkom word indien telefone van senior amptenary sowel as die sekruteitsafdeling beantwoord word en personeel beskikbaar was om betyds te reageer op berigte dat iemand besig is om ‘n kabel te steel.

“Die voorval het Saterdag plaasgevind toe ‘n lid van die publiek my gekontak het om te rapporteer dat ‘n kabel by ‘n transformator opgegrawe is. Na talle mislukte pogings om munisipale veiligheid en munisipale direkteure in die hande te kry, het ek uiteindelik met ‘n amptenaar van die munisipale bestuurder se kantoor gepraat. Teen die tyd dat hy daarin geslaag het om iemand te kry om die klag op te volg, was ‘n kabel egter reeds gesteel.

“Die situasie is ondraaglik.

sê van Steen

“Aangewese munisipale amptenare moet 24/7 beskikbaar wees vir noodgevalle. Munisipale dienste kom nie oor naweke of openbare vakansiedae tot stilstand nie.

“Terselfdertyd moet veiligheidsdienste waarvoor die munisipaliteit ongeveer R400 000 per maand betaal, gesien en gevoel word op voetsoolvlak. As sekuriteitsbeamptes roetinepatrollies gedoen het of selfs net op my oproep gereageer het, sou die diefstal en ekstra koste verbonde aan gesteelde toerusting, voorkom kon word.

Nie geld om op diefstal te spandeer nie

“Die DA sal ‘n mosie indien wat ‘n ondersoek na die munisipaliteit se veiligheidsdienste versoek. Ons sal ook voortgaan om te streef na die volle operasionalisering van die beheerkamer, sodat noodgevalle vinnig op ‘n enkele werkende telefoonnommer aangemeld kan word sodat daar ook na-ure doeltreffend op klagtes reageer kan word.

“Dawid Kruiper het nie geld om op diefstal óf ondoeltreffende veiligheidsdienste te mors nie. Dit is tyd dat die munisipaliteit sy huis in orde kry om te voorkom dat dit deur misdadigers geplunder word.”

LEES OOK: KYK: Video waarin ‘honde-oppassers’ hond glo mishandel veroorsaak oproer

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: