April 19, 2021

Man verloor R17.5 miljoen se Lotto-kaartjie, vind dit toe weer

TENNESSEE.- Nick Slatten, ’n baie gelukkige man van hier, het sy Lotto-kaartjie wat R17.5 miljoen werd is verloor en toe weer op ’n winderige dag gevind.

TENNESSEE.- Nick Slatten, ’n baie gelukkige man van hier, het sy Lotto-kaartjie wat R17.5 miljoen werd is verloor en toe weer op ’n winderige dag gevind. (Foto: Pixabay)

TENNESEE. – Nick Slatten, ’n baie gelukkige man van hier, het sy Lotto-kaartjie, wat R17.5 miljoen werd is, verloor en toe weer op ’n winderige dag gevind.

Volgens The South African het Slatten die Lotto-kaartjie op ’n Woensdag gekoop en het die volgende dag gesien hy het al die nommers reg.

Hy het onmiddellik na sy verloofde gegaan om die goeie nuus te vertel en het daarna sy broer geneem om ’n motor te koop en iets te eet.

Hy het toe besef die kosbare kaartjie is nie meer in sy besit nie.

Op die baie winderige dag het hy op sy eie voetspore teruggeloop en het die kaartjie by die motoronderdelewinkel, waarheen hy sy broer geneem het, gevind. Dit het langs die deur van ’n ander motor gelê.

Iemand het toe reeds bo-oor ‘n R17.5 mijoen se Lotto-kaartjie geloop.

Slatten en sy vrou beplan om ’n huis en nuwe motors met die geld te koop. Die res wil hulle belê.

Lees ook: Verpleegster sonder bene en arm pleeg selfdood

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: