Verpleegster sonder bene en arm pleeg selfdood

Foto: Mirror.co.uk

SUID-WALLIS. Jayne Carpenter (53) is in haar huis opgehang gevind deur haar man Rob (56).

Volgens Mirror het Carpenter vier jaar gelede sepsis opgedoen en beide haar bene en ’n arm verloor. Sy het ʼn fondsinsameling gehou om vir ʼn operasie wat haar ledemate sou vervang te betaal.  Sy het meer as £20 000 ingesamel. Ten spyte van haar fondsinsameling het sy gesê dat sy nie tans ’n goeie lewensgehalte het nie, maar dat sy dit verduur. Volgens haar man het sy hom die sewende Desember gebel en gevra om hulle hond op te laai. Hy het om 4:30 by die huis aangekom en sy vrou aan die trap gekry hang. Carpenter wou graag ’n aktiewe lewe lei en het gevoel haar selfstandigheid was van haar gesteel.  

Carpenter het ’n hoes gehad

Carpenter het ’n hoes gehad en in Mei 2016 was sy opgeneem in die intensiewesorgeenheid. Haar hoes het in sepsis verander. Sy was vir nege weke in ’n koma en die amputasies was al manier om haar lewe te red.  Sy en haar man het hoop gehad op ’n operasie waartydens sy kunsledemate sou ontvang. Dokters het wel ’n vermoede gehad dat sy nie genoeg been oorgehad het om die kunsledemate aan vas te heg nie.

Haar man het afskeid geneem op sosiale media en het gesê: “Die helderste ster in my lug het uitgebrand.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: