Skeep jou geliefde jou af as gevolg van gaming?

Foto: Pixabay

Tina (34) verstaan dat haar man (36) videospeletjies gebruik om van sy frustrasies ontslae te raak. Sy sê hy werk skofte en is vir vyf dae op ’n slag van die huis af weg. Sy verlang baie na hom, maar as hy tuis is, bestee hy baie tyd aan sy speletjies.

Hulle is 13 jaar getroud en het twee kinders saam. Tina sê sy voel soms baie alleen en afgeskeep. Haar man kom ook nie al sy verantwoordelikhede na nie.   “Ek het al so baie met hom daaroor gepraat, oor hoe ek voel, maar hy sê net altyd hy verstaan nie hoekom ek so voel nie. Hy is mos by die huis, maar dis nie dieselfde nie. Ons baklei ook glad nie, ons praat mooi. Ek moet sê hy het baie respek vir my. Dis net daai speletjies van hom.”

Tina sê sy het hom met sy speletjies probeer aanvaar, alhoewel dit moeilik is. “Dis seker maar deel van wie hy is, wat ek nie kan verander nie.” Al voel Tina hoe alleen, hoop sy net hy sal mettertyd minder speletjies speel.  “Ons is rêrig baie lief vir mekaar so ek sal hom nie opgee oor sy games nie.”

Hoe om jou geliefde se gaming onder beheer te kry

Gamerant, ’n aanlyn webtuiste, gee ons ’n paar wenke oor hoe om ons geliefdes se gaming onder beheer te kry.

  • Stel ’n tyd op vir gaming wat by albei se skedule pas. Hou daarby.
  • Luister en verstaan mekaar, spandeer tyd saam met jou geliefde as sy/haar dag sleg was, jy kan môre verder speletjies speel.
  • Bring oor die algemeen meer tyd deur saam met jou geliefde, byvoorbeeld ’n halfuur voor jy begin speletjies speel.
  • Probeer om jou geliefde te kry om saam met jou die gaming te geniet, deur ’n speletjie te kry wat julle saam kan speel.

Die artikel maak gebruik van ’n skuilnaam -Tina.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *