‘Niemand vertel jou van dié simptoom nie,’ sê Ellen

Ellen DeGeneres het vandag ’n video op Instagram geplaas waarin sy haar aanhangers op hoogte hou oor hoe dit met haar gaan nadat sy positief vir Covid-19 getoets het.

“Een ding wat hulle jou nie vertel nie, is dat jy vreeslike rugpyn ervaar. Ek het ander mense, wat ook positief vir die virus getoets het, gevra en hulle sê hulle het ook rugpyn as ‘n simptoom ervaar,” sê DeGeneres in haar video.

Bedank almal

Verder sê DeGeneres sy voel 100 %. Sy bedank almal vir die mooi boodskappe wat sy in hierdie tyd ontvang.

DeGeneres het ’n week gelede op sosiale media haar aanhangers in kennis gestel dat sy positief getoets het.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *