Drie vas vir diefstal

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Drie mans van onderskeidelik 21, 31 en 36 jaar oud is in verband met diefstal in hegtenis geneem.

Die verdagtes is na bewering in die besit van huishoudelike goedere ter waarde van R112 800, uit ’n gerapporteerde inbraaksaak, gevind. Hulle is in aanhouding en sal in die landdroshof in Kimberley verskyn.